top of page

Die voordele van Peroxsil en sy sleutelrol by die Swartland Skou

Updated: 6 days ago

Die betrokkenheid van Peroxsil by die Swartland Skou is meer as bloot ontsmetting, dit is ‘n volledige biosekuriteitsbenadering wat die welstand van diere, die veiligheid van toeskouers en die sukses van die skou ondersteun.


In Suid-Afrika is Peroxsil die enigste produk wat biofilm nie net verwyder nie, maar ook voorkom dat dit weer vorm en dit alles terwyl dit veilig is vir mense, diere én die omgewing.

By die Swartland Skou in Moorreesburg word Peroxsil reeds vir drie jaar as kernkomponent van die skou se biosekuriteitstrategie gebruik. Die gebruik van hierdie gevorderde produk dra daartoe by dat diere, toeskouers en infrastruktuur teen siekteverspreiding beskerm word.


Peroxsil, 'n gestabiliseerde waterstofperoksied versterk met silwerione, het homself bewys as ’n wêreldklas biosekuriteitproduk met meer as 30 jaar se suksesvolle gebruik in Europa, die VSA, Australië, Nieu-Seeland en Indië.

Hier volg ’n oorsig van hoe Peroxsil strategies gebruik word voor en tydens die skou.

 

Voor die Skou: Grondige Ontsmetting

Tien dae voor die skou begin, begin die biosekuriteitspan met 'n omvattende ontsmettingsproses:

  • Perdestalle word met 'n 3% Peroxsil-oplossing ontsmet – beide geboude en huurstalle. Dié areas is geneig om vuil te wees.

  • Daarna volg ontsmetting van die kleinvee arena, hoenderarea en beeskrale, wat almal kritieke kontakpunte is vir siekteverspreiding.

  • Die pawiljoene waar toeskouers sit, word ook met 3% oplossing behandel om publieke veiligheid te verseker.

 

Waterbehandeling: Skoner Water, Gesonder Diere

Die boorgatwater word behandel met 100ml Peroxsil per 1000L water, wat sorg vir:

  • Skoon, veilige drinkwater vir diere.

  • Interne reiniging van diere wat daardie water inneem.

  • Verminderde risiko vir siekteverspreiding deur water.

  • Gebruik van dié water vir die was van diere, wat ook die oppervlakkontaminasie verminder.

Peroxsil se waterbehandelingsvermoë hou tot 90 dae aan – ‘n uitstekende prestasie teenoor tradisionele metodes.

 

Voertuigontsmetting: Eerste Verdedigingslyn teen Patogene

Vanaf die eerste perd wat aankom tot die laaste bees wat afgelaai word, beweeg alle voertuie deur Hek C, waar hulle met 'n 1% Peroxsil-oplossing ontsmet word. Dit sluit perdewaens, veetrokke en ander vervoervoertuie in.

Hierdie proses is van kritieke belang om enige patogene wat saam met die diere arriveer, onmiddellik te neutraliseer.

 

Tydens die Skou: Deurlopende Ontsmetting en Ondersteuning

Die vee arena word na elke derde klas weer ontsmet om kruisbesmetting tussen diere en hanteerders te voorkom.

Peroxsil is betroubaar in sy 14 dae nawerking op oppervlaktes, wat beteken dat 'n enkele behandeling langer volhoubare beskerming bied.

 

Waarom Peroxsil Werk: Die Wetenskap Agter die Produk

Peroxsil kombineer waterstofperoksied en silwerione, ‘n formidabele span teen bakterieë, virusse en swamme.

 

Anders as gewone peroksied:

  • Is Peroxsil 20x meer effektief.

  • Verwyder dit biofilm – ’n groot probleem in landboutoepassings.

  • Is dit veilig vir verbruik deur diere en mense.

  • Kan dit op oppervlaktes, in water en selfs in die lug gebruik word.

Silwerione in drinkwater het 'n diepgaande impak:

  • Hulle verhoed biofilmvorming op pype en filters.

  • Hulle verleng filterlewe en verlaag onderhoudskoste.

  • Hulle verbeter dieregesondheid deur infeksies intern te beheer.

  • Hulle beweeg deur die dierlike liggaam en dra by tot sistemiese beskerming teen patogene.

 

Die betrokkenheid van Peroxsil by die Swartland Skou is meer as bloot ontsmetting, dit is ‘n volledige biosekuriteitsbenadering wat die welstand van diere, die veiligheid van toeskouers en die sukses van die skou ondersteun.

 

Met wetenskaplike ondersteuning, internasionale bewese doeltreffendheid en ’n stewige plaaslike teenwoordigheid, is Peroxsil die ideale keuse vir enige boer, organiseerders van landbouskoue en veeartse wat biosekuriteit ernstig opneem.

 

UITGEGEE DEUR

SKOU MEDIA 12 Junie 2025

Swartlandskou Moorreesburg

Kommentare


Swartlandskou Logo

Die Swartlandskou word jaarliks in September aangebied op die Moorreesburg Skougronde.

Tel. 022 433 1607

info@swartlandskou.co.za

Raak Betrokke

Korporatief en Borgskappe:

marketing@swartlandskou.co.za

Advertensies Besprekings

marketing@swartlandskou.co.za

©2025 Swartlandskou.

bottom of page