Kleinvee
Die kleinvee-afdeling van Swartlandskou 2026 bied steeds ’n opwindende en gesinsvriendelike program, ten spyte van die uitdagings wat deur bek-en-klouseer meegebring word.

NUUT IN DIE KLEINVEE AFDELING
Swartlandskou Boerboel-kampioenskappe, in samewerking met die Wes-Kaap Boerboelklub, sal vanjaar deel vorm van die afdeling en beloof om ’n hoogtepunt te wees.
Lees meer oor die geskiedenis van die Weskaap Boerboelklub.
Hierdie afdeling bly dus ’n dinamiese trekpleister met iets vir die hele gesin.
Kom besoek gerus ons BKB FNB Kleinvee Arena waar besoekers meer kan sien en leer oor die waardeketting van die bedryf.
Vanjaar sal die OVK Interrasuitstalling, Swartlandskou Merino Kampioenskappe en Swartlandskou SA Vleismerino Super 10 Kampioenskappe ongelukkig nie aangebied word nie.
Die Agri-Expo Wes-Kaap Jeugskou gaan egter voort, met deelname wat skape, bokke, perde en melkbeeste uitsluit. Besoekers en vertoners kan uitsien na ’n propvol program met onder meer skaapopsaag demonstrasies, skaapkop-etes en verskeie ander interessante vertonings.














