top of page

Vermaak & Aktiwiteite

Program Hoogtepunte 2026

DAMESDAG

Woensdag, 2 September 2026

LEWE IN KLEUR!

Maak gereed vir een van die hoogtepunte op die Swartlandskou se kalender!

 

Damesdag 2026, met die tema, Lewe in Kleur, vind plaas op Woensdag 2 September.

Hierdie besonderse oggend is geskep vir dames wat wil ontsnap uit die alledaagse, nuwe inspirasie wil vind en ’n paar onvergeetlike ure saam met vriendinne wil geniet.

 

Met gaskuntenaars, Francois Boyes, Elandré en Donnalee Roberts beloof dit om ’n fees vir die sintuie te wees.

Kaartjieverkope open op 2 Junie 2026 via Tixsa. Kaartjies is beperk, daarom word vroeë besprekings aanbeveel om teleurstelling te voorkom.

Kom vier saam met ons die skoonheid van vrouwees, die krag van gemeenskap en die vreugde van Lewe in Kleur.

Trots geborg deur Afgri en Absa.

Hou ons facebookblad dop vir meer inligting
Skoudans

SKOUDANS EN SKOUKONINGIN

Vrydag, 28 Augustus 2026

Wat is 'n skou sonder 'n skoudans en 'n skoukoningin!

Die kroning van die Swartlandskou skoukoningin vir 2025 sal tydens die skoudans op Vrydag 28 Augustus 2026 plaasvind.  

 

Meisies wat wil inskryf vir die skoukoninginkompetisie moet tussen 18 en 25 jaar oud wees, beskikbaar wees vir die duur van die skou vanaf 2 tot 5 September 2026 en aan sekere vereistes voldoen.

 

Meer inligting oor die inskrywingsvorms sal binnekort op die webwerf beskikbaar wees.

Kaartjies vir die skoudans beloop R450.00 per persoon en sluit 'n driegang maal en dans in. 

 

'n Kontantkroeg sal beskikbaar wees.

 

Besprekings by Lolandri 083 727 7887 ​​​

KUNSTENAARS EN VERMAAK

MUSIEK, MUSIEK EN NOG MUSIEK BY SWARTLANDSKOU 2026

Die Swartlandskou se vermaak vir 2026 beloof om ’n fees vir die sintuie te wees!   Soos elke jaar kan besoekers uitsien na TOP Afrikaanse kunstenaars wat die verhoog aan die brand sing.

 

Hierdie jaar neem ons hande met Afrikaans op die Platteland en beloof die vermaak om een te wees vir die boeke.   Kom geniet ’n verskeidenheid restaurante, ’n Wyntuin, ’n sjiek Champagne Bar en nog vele meer. 

 

Of jy nou wil kuier, proe of dans, daar is iets vir almal.

Kom dans in Afrikaans saam met Swartlandskou en wees deel van die viering van ons taal, kultuur en gemeenskap!  Besoek Swartlandskou Facebook-blad.

WhatsApp Image 2026-07-06 at 07.46_edite

KINDERVERMAAK

Swartlandskou is inderdaad 'n geleentheid vir die hele gesin, met talle vermaak vir die jongspan en 'n NUWE speelterrein met toesig vir die kleinspan. Dit beken Mamma en Pappa kan lekker kuier en weet die kinders is altyd veilig.

Vanaf Donderdag, 3 September sal daar daagliks 'n program aangebied word vir die kleinspan. Kom deel in die pret met kulkunstenaar Juldie, Step-by-Step Dansskool, Lollos, of geniet

die nuwe speelpark.

Daar sal definitief geen tekort wees aan vermaak vir die

kleingoed by Swartlandskou 2026.

Swartlandskou Logo

Die Swartlandskou word jaarliks in September aangebied op die Moorreesburg Skougronde.

Tel. 022 433 1607

info@swartlandskou.co.za

Raak Betrokke

Korporatief en Borgskappe:

marketing@swartlandskou.co.za

Advertensies Besprekings

marketing@swartlandskou.co.za

©2025 Swartlandskou.

bottom of page