Vermaak & Aktiwiteite
DAMESDAG
Woensdag, 3 September 2025
Dames, dis ‘n dag net vir julle…
vol inspirasie, styl, lekker lag en goeie tye!
Boys R Back gaan ons terugneem in die goue era van “boybands” in ‘n opwindende vertoning en Lizz Meiring gaan ons vermaak met haar Die “Real Housewife” solostuk.
Wat is nuut vanjaar?
Modeparade
Stalletjies binne tent
Meer as 550 dames woon jaarliks hierdie bederf geleentheid by.
Kom geniet 'n ontspanne vonkel oggend met top vermaak,
heerlike 3-gang ete, gelukkige trekkinge en 'n geskenk
vir elke dame.
Kaartjies beloop R600 per persoon | Enkel of tafels van 10
Slegs 550 kaartjies beskikbaar.
Besprekings open 2 Junie 2025


SKOUDANS EN SKOUKONINGIN
Vrydag, 29 Augustus 2025
Wat is 'n skou sonder 'n skoudans en 'n skoukoningin!
Die kroning van die Swartlandskou skoukoningin vir 2025 sal tydens die skoudans op Vrydag 29 Augustus 2025 plaasvind.
Meisies wat wil inskryf vir die skoukoninginkompetisie moet tussen 18 en 25 jaar oud wees, beskikbaar wees vir die duur van die skou vanaf 3 tot 6 September 2025 en aan sekere vereistes voldoen.
Meer inligting oor die inskrywingsvorms sal binnekort op die webwerf beskikbaar wees.
Kaartjies vir die skoudans beloop R400.00 per persoon en sluit 'n driegang maal en dans in.
'n Kontantkroeg sal beskikbaar wees.
Besprekings by Lolandri 083 727 7887
KUNSTENAARS EN VERMAAK
MUSIEK, MUSIEK EN NOG MUSIEK BY SWARTLANDSKOU 2025
Die Swartlandskou se vermaak vir 2025 beloof om ’n fees vir die sintuie te wees! Soos elke jaar kan besoekers uitsien na TOP Afrikaanse kunstenaars wat die verhoog aan die brand sing.
Hierdie jaar vier ons ook 'Afrikaans is 100 jaar!
’n Mylpaal wat met trots en pret nasionaal gevier word.
Kom geniet ’n verskeidenheid restaurante, ’n Wyntuin, ’n sjiek Champagne Bar en nog vele meer.
Of jy nou wil kuier, proe of dans – daar is iets vir almal.
Kom dans in Afrikaans saam met Swartlandskou en wees
deel van die viering van ons taal, kultuur en gemeenskap!
Vermaak Hoogtepunte 2025 volg binnekort
Hou die Swartlandskou Facebook-blad dop vir meer inligting.


KINDERVERMAAK
Program Hoogtepunte
Swartlandskou is inderdaad 'n geleentheid vir die hele gesin, met talle vermaak vir die jongspan en 'n speelterrein met toesig vir die kleinspan. Dit beken Mamma en Pappa kan lekker kuier en weet die kinders is altyd veilig.
Vanaf Donderdag, 4 September sal daar daagliks 'n program aangebied word vir die kleinspan. Kom deel in die pret met kulkunstenaar Juldie, Step-by-Step Dansskool, Lollos, of geniet
die speelpark.
Neem deel aan die interaktiewe sessies en leer meer oor ons plaasdiere. Daar sal definitief geen tekort wees aan vermaak vir die kleingoed by Swartlandskou 2025.