Beeste
Swartlandskou is die grootse vleisbees skou in die Wes- en Suid-kaap, met jaarliks ongeveer 400 diere wat ten toon gestel word. Vleis Beeste van hoogstaande gehalte word hier geskou en gaan vanaf Woensdag 3 tot Saterdag 6 September 2025 teen mekaar deelneem vir die gesogte titels van Senior Kampioen Bul, Senior Kampioen Koei, en Opperste Ras Kampioen.
Verskeie Nasionale Kampioenskappe met groot deelname en bywoning was al op Swartlandskou aangebied en vanjaar kan besoekers uitsien na weereens ‘n volgepakte program met 11 verskillende rasse.
Graag nooi ons u as genootskap om deel te wees van Swartlandskou 2025 en sien uitdaarna om u by die skou te ontvang.
SKOU DATUM: Woensdag 3 tot Saterdag 6 September 2025
SLUITINGSDATUM VIR INSKRYWINGS: 16 Augustus 2025
-
SA ANGUS SWART EN ROOI (Streekskampioenskappe)
-
SA HEREFORD (Streekskampioenskappe)
-
SA SIMENTALERS (Wynland Streekskampioenskappe)
-
SA SANTA GERTRUDIS (Streekskampioenskappe)
-
SA CHAROLAIS (Streekskampioenskappe)
-
SA BRAHMAN (Streekskampioenskappe)
-
SA SUSSEX (Streekskampioenskappe)
SAMEROEPERS:
Jannie Kotze - 083 651 9266 depanne@swartland.biz
Franco Koch - 072 599 6843 kt@kochbo.co.za
Phillip De Waal - 082 783 0011 locheim@xsinet.co.za

Angus
Die Angus ras het 'n reputasie vir homself opgebou as die mees gesogte vleisbeesras ter wêreld. Dit is te danke aan sy onbetwiste meriete en uitstaande eienskappe. Die volgende eienskappe is die redes waarom die ras so gewild is in kommersiële beesboerdery.

Simmentaler
Die Simmentaler van Suider-Afrika is 'n dubbeldoeldier met 'n groot mate van goeie bees- en melkprodusurende eienskappe. Die Genootskap maak gebruik van die wêreld se mees gevorderde genetiese evaluasiestelsel vir die prossesering van ...

Sussex
Kry die handelsmerk wat jy nodig het! Dit is die boodskap vir alle beesboere wat versekering van gehalte soek. Sussex het die potensiaal om jou beeskudde meer winsgewend te maak. Hulle is bekend vir hul kalm temperament – wat minder arbeid verg. Sussex is baie veelsydige diere wat....

Brahman
Die bydrae wat Brahmane tot die Suid-Afrikaanse stoet- en kommersiële bedryf gemaak het, kan as merkwaardig beskryf word, veral gedurende die eerste drie dekades wat in 1960 begin het.

SA Hereford
Hereford-beeste was sedert die laat 1700's en oor meer as 100 jaar in Suid-Afrika nog altyd 'n groot bydraer tot die wêreld se beesvleisproduksie. Hereford-beeste is hoofsaaklik 'n vleisbeesras en het dus al die eienskappe wat nodig is vir maksimum en doeltreffende beesvleisproduksie.

Santa Gertrudis
Die Santa Gertrudis-kudde in Suid Afrika is 'n moderne en dinamiese ras wat deur goed gevestigde telers in 'n georganiseerde samelewing ondersteun word. Santas dra aansienlik by tot die beesvleisbedryf met sy uitstekende ...

Charolais
In meer as 70 lande wêreldwyd word die Charolais-ras erken as 'n toonaangewende opsie om waarde toe te voeg tot kruisteelbeesvleisprogramme. Charolais-beeste is hoogs doeltreffende, goed aangepaste, maer vleisprodusente met geweldige groeipotensiaal.