top of page

Perde

Ooo Ryperd!

Jaarliks kan besoekers uitsien na die beste van die beste in ons Swartlandskou se perde-afdeling. Hierdie jaar gaan ons meer as 400 perde tentoonstel.

Rasse wat teenwoordig gaan wees is die SA Vlaamperde, SA Saalperde en die SA Hackneys.

Maak seker jy het jou plekkie op die pawiljoen, want op Saterdag, 7 September 2024 gaan die 8-span waperde weer almal vermaak. 'n Hoogtepunt wat jaarliks deur heinde en verre bygewoon word.

vlaamperd.png

SA Vlaamperd

Die Vlaamperd, of Vlaamse perd, het nou wel nie sy oorsprong in Vlaandere, soos dit wil voorkom nie, maar wel net hier in Suid-Afrika.

 

Tydens die 19de eeu het die kenmerkende tipe perd totstand gekom in die voormalige Kaap provinsie - toe die "Hantam Perd" genoem.

 

Hierdie tipe perd is deur die gebruik van goeie gehalte Arabiese en volbloed hingste ingevoer en ontwikkel deur Lord Charles Somerset in 1820.

SA Vlaamperdtelersgenootskap>

saalperd.png

SA Saalperd

Die Suid-Afrikaanse Saalperd is ontwikkel deur vroeë pioniers in die VSA, wat 'n nutsperd met baie eienskappe begeer het.

 

Dit het skoonheid, maklike loopvermoë, 'n uitstekende temperament en alles gekombineer met opregte kwaliteit en stamina ingesluit. Die resultate het vanself gespreek.

 

SA Saalperd>

hackney.png

Hackney

Die Hackney is 'n stylvolle koetsperdras. 'n Ware bloedperd met onbeperkte moed, vol vuur en is vir etlike eeue as 'n drafperd deur die mense van Oos-Engeland gebruik.

In die 19de eeu het die ras 'n gewilde ryperd geword, en die Hackney Horse Society is in 1883 gestig.

Hierdie flambojante perde met hul kenmerkende skouspelagtige knie-aksie word nou hoofsaaklik as 'n koetsskouperd gebruik, waar dit baie gewild onder toeskouers is.

 

Hackney Horse Breeder's Society SA>

Swartlandskou Logo

Die Swartlandskou word jaarliks in September aangebied op die Moorreesburg Skougronde.

Tel. 022 433 1607

info@swartlandskou.co.za

Raak Betrokke

Korporatief en Borgskappe:

marketing@swartlandskou.co.za

Advertensies Besprekings

marketing@swartlandskou.co.za

©2025 Swartlandskou.

bottom of page