top of page

Kleinvee

Swartlandskou se Kleinvee afdeling gaan hierdie jaar weer uit sy nate bars.  Ons skop af met die jaarlikse Swartlandskou BKB & FNB Slaglam kompetisie met meer as n 100 inskrywings.  Woensdag vind die lewendige beoordeling plaas en Donderdagoggend word aan die hak beoordeel.

Besoekers kan ook uitsien na die OVK Interrasuitstalling, Agri Expo WP Streeks Jeugskou, Swartlandskou BKB & FNB Merino Kampioenskappe, Swartlandskou BKB & FNB SA Vleismerino Super 10 Kampioenskappe en Swartlandskou Skeerkampioenskappe.

 

Ons is vanjaar ongelooflik opgewonde om op Saterdag 6 September ‘n Skaapskeer en Wolhantering Kampioenskappe aan te bied in samewerking met die Suid Afrikaanse skaapskeer Federasie en Dr Jasper Cloete van Elsenburg Landbou Kollege.  Tydens hierdie Kampioenskappe kan skeerders kwalifiseer vir die 2026 Nasionale Kampioenskappe.  Kom kyk hoe wol vagte gegooi en afgerand word en geniet die Kampioenskappe saam met ons. 

 

Kom besoek gerus ons BKB FNB Kleinvee Arena waar besoekers meer kan sien en leer oor die waardeketting van die bedryf.  

Volledige program sal binnekort beskikbaar wees.

Swartlandskou Logo

Die Swartlandskou word jaarliks in September aangebied op die Moorreesburg Skougronde.

Tel. 022 433 1607

info@swartlandskou.co.za

Raak Betrokke

Korporatief en Borgskappe:

marketing@swartlandskou.co.za

Advertensies Besprekings

marketing@swartlandskou.co.za

©2025 Swartlandskou.

bottom of page