



Swartlandskou 4 - 7 September 2024

Swartlandskou Moorreesburg, word aangebied in die hartjie van die Swartland streek - die grootste landbouskou in die Wes- en Suid-Kaap. Mnr. Jacques Bester se liefde vir sy boerdery word waarskynlik net-net geëwenaar deur die geesdrif waarmee hy as President van die Swartlandskou jaarliks woeker om dié streek en sy mense aan sowat 20,000 besoekers bekend te stel.
Swartlandskou het die mees populêre skou geword met noue samewerking tussen ons gemeenskap en besighede. Afgri is die afgelope vier jaar die ankerborg van Swartlandskou en vier ook hierdie jaar hul 100ste bestaansjaar. Swartlandskou is bevoorreg om ons 89ste skou aan te bied in 2023.
​
Die tentoonstelling spog met die mooiste perde, beeste, skape en masjienerie uitstalling ter waarde van R230 miljoen.
Vanjaar word daar weer 'n wye verskeidenheid aktiwiteite aangebied, wat die voorkeure van 'n breë spektrum besoekers sal bevredig. Dit sluit in wêreldklas Kampioenskappe, Streek Jeugskou, Landbouseminaar, die gewilde Damesdag met meer as 500 dames, Vermaak, groot verskeidenheid van uitstallers, die wyntuin, restaurante en MTB.
​
Ouers sal ook bly wees om te hoor dat 'n groot gedeelte van die arena omskep word in 'n speelarea en "touch farm" vir die kleingoed. Beslis 'n geleentheid vir die hele gesin.
Kom Ervaar Plattelandse geselligheid en deel in die "Cool" van landbou!