Swartlandskou 2 - 5 September 2026

Swartlandskou 2026, waar Landbou en Gemeenskap Saamkom
In die hart van die Swartland maak die grootste landbouskou in die Wes- en Suid-Kaap weer gereed om besoekers te verwelkom. Van Woensdag 2 tot Saterdag 5 September 2026 word die Moorreesburg skougronde omskep in ’n lewendige viering van landbou, gemeenskap en vermaak.
Onder die leiding van President Jacques Bester, word daar jaarliks met oorgawe gewerk om die streek se unieke karakter en landbou-erfenis aan duisende besoekers te wys. Sy passie vir boerdery en die gemeenskap vorm die dryfkrag agter ’n skou wat aanhou groei en ontwikkel.
Met AFGRI as trotse ankerborg, het Swartlandskou ontwikkel tot een van die gewildste landboubyeenkomste in die streek. Dit is ’n ware samewerking tussen plaaslike besighede, produsente en die gemeenskap.
Besoekers kan uitsien na topgehalte uitstallings van perde, beeste en pluimvee, asook ’n indrukwekkende landboumasjinerie-uitstalling. Die program vir 2026 bied iets vir almal. Van wêreldklas kampioenskappe en die energieke Streek Jeugskou tot insiggewende landbouseminare.
Die gewilde Damesdag bly ’n hoogtepunt op die kalender, terwyl vermaak, uitstallers, ’n wyntuin, restaurante en kindervermaak sorg vir ’n volledige dag-ervaring vir die hele gesin.
Swartlandskou is meer as net ’n skou, dit is ’n viering van plattelandse trots, innovasie en samehorigheid.
Kom beleef die unieke atmosfeer en deel in die “cool” van landbou.
























_JPG.jpg)


























