SWARTLANDSKOU
MOORREESBURG
2010













Tuis:

Uitnodiging na Swartland Landbouskou
Moorreesburg
8 - 11 September 2010

Swartlandskou is een van die grootste Landbouskoue in Wes- en Suidkaap met 'n besoekers getal van 10 000 plus.

Die Swartlandskou wat plaasvind vanaf 8 tot 11 September 2010 is jaarliks een van die hoogtepunte op Moorreesburg. Dit is nie net daar vir boere om produkte teen mekaar te meet nie, maar ook om aan die jeug en die hele gemeenskap 'n geleentheid te bied om sosiaal te verkeer.

Dit bied 'n wye verskeidenheid vermaak vir oud en jonk. Dit is hier waar interaksie met die jeug en skoliere kan plaasvind om groot te maak as toekomstige leiers in landbou. Dit is hier waar oud en jonk leer om die landbou te waardeer en te besef dat dit die ruggraat van ons land se ekonomie is.

In die tyd waarin ons leef raak ons so maklik verstrengel in ons daaglikse doen en late dat ons nie altyd bedag is daarop dat skounaweke ‘n geleentheid vir die hele gesin bied nie. Almal kan pret hê maar ook in die proses kinders meer landbou leer, dames kan stalletjies besigtig vroueprogramme bywoon en mans kan met mekaar redeneer oor watter diere of masjiene die beste vertoon. Hier kan die beste wyne, lekkerste boerekos, potjiekos en braaivleis saam met goeie kunstenaars geniet word. Werklik 'n uithang geleentheid vir almal om te kom ontspan.

Reël ‘n uitstappie na Moorreesburg, ondersteun die Swartlandskou en word vir ‘n kort rukkie deel van ‘n landbouwêreld waar u die platteland sy mooi natuur, sy mense en diere kan geniet.

Hannes Fullard
President: Swartlandskou



SKOU HOOGTEPUNTE



Vir die boere

Masjienerie, skogdag, diere ...



Kampioenskappe

Skape, beeste, perde ...



Jeugskou

WP kleure ...



Vir die Dames

Damesdag, stalletjies ...



Vir die Kinders

Kompetisies, pret ...



Vermaak

Kuierplekke ...
Kunstenaars ...