|
Tuis->Vermaak: SWARTLANDSKOU MOORREESBURG 2011 STALLETJIE AANSOEKE: Sekretaresse - 022 433 1607 KUIERPLEKKE: SKOUDANS EN KIES VAN SKOUKONINGIN: DATUM: 2 SEPTEMBER 2011 IN DIE SKOUSAAL. Kom skop die skouweek af op ‘n hoë noot by die gewilde jaarlikse Swartland Skoudans. Dit is ‘n formele geleentheid waar die skoukoningin met haar prinses aangewys word. Elke jong dame tussen die ouderdom van 19 en 29, ongetroud staan ‘n kans om gekies te word. ![]() Elize Odendaal, Prinses, links en Christine Loxton, Skoukoningin. Van hierdie dames word verwag om op te tree as skouverteenwoordiger by verskeie geleenthede waar benodig tydens die skouweek van 7 - 10 September 2011. Kontaknommer vir tafelbesprekings: Surita Koch - (sel) 083 656 7410 ![]() Skoudans. WYNTUIN: Kom geniet ‘n regte plattelandse skou atmosfeer in die Wyntuin. Elke dag van 12h00 tot 15h00 word heerlike braaigeregte bedien, net soos die Swartlanders dit kan doen. Saans vanaf 19h00 word steak en steakburgers, sowel as kroegfasiliteite met net die beste diens beskikbaar gestel. KUNSTENAARS OPTREDE IN WYNTUIN: Donderdag - 8 September: Damesoggend word aangebied in wyntuin 12:00 Middagete – braaigeregte Kom geniet vanaf Donderdagaand. Toegang tot Tent R30 19:00 – laat - David Fourie Vrydag - 9 September: 12:00 - 13:00 Middagete 13:00 - 14:00 Maritza 14:00 - 15:00 Thys die Bosveldklong 15:00 - 16:00 Maritza Toegang tot tent: R30 19:00 - Braaigeregte, Dans, DJ (Bradley – Coke) Saterdag - 10 September: 10:00 - 11:00 LOLLOS vertoning en Moorreesburg Sangers (LOLLOS kaartjies vooraf te koop by Surita Koch 083 656 7410) 12:00 - 13:00 Middag-ete 13:00 - 14:00 Dewald Dippenaar 14:00 - 15:00 Dirkie Orkes 15:00 - 16:00 Zandre 16:00 - 17:00 Dewald Dippenaar 19:00 – DJ (Bradley – Coke) VEEPOS KUIERPLEK NABY PERDE EN SKAAP AANBIEDINGE: Die veepos kuierplek is geleë by die skaap arena, asook die kuierplek van die perde liefhebbers. Heerlike plaasontbyt is elke oggend beskikbaar, asook braaibroodjies, hamburgers en chips. Vir middagete is die veepos alom bekend vir hul liplekker potjies soos beesstert, afval en seekos, braaigeregte en ‘n ten volle toegeruste kroeg. Spesiale "one man band" Vrydagaand van 18:00 tot 22:00 CATTLE INN BY BEES-ARENA: Kom loer hier in en kuier saam met die beesafdeling se vertoners. Lekker kos is beskibaar asook ‘n toegeruste kroeg. Van hier af kan u ook die beesveiling en beoordeling geniet, en lekker saam met die boere ontspan. EETSAAL: Vir ‘n rustige atmosfeer, hou die spyskaart dop vir boerekos en poeding. KAFEE FASILITEITE: Die lekkerste pannekoek word hier bedien. Vir ‘n ligter ete maak hier ‘n draai. Die verskeidenheid is groot en prys is om almal se sak te pas. PAVILJOENKROEG: Onder Paviljoen beskikbaar. |
SKOU HOOGTEPUNTE Vir die boere Masjienerie, skogdag, diere ... Kampioenskappe Skape, beeste, perde ... Jeugskou WP kleure ... Vir die Dames Damesdag, stalletjies ... Vir die Kinders Kompetisies, pret ...
|