|
SWARTLANDSKOU MOORREESBURG 2011
|
Tuis->Vir die Kinders: MASSA-VERTONING: Datum: Vrydag, 9 September om 12:00 uur in die arena. ‘n Skole massavertoning word elke jaar aangebied deur Laer- en Hoërskool Dirkie Uys. Hierdie is voorwaar ‘n vertoning en opgewondenheid wat niemand mag misloop nie! OPVOEDKUNDIG: Swartlandskou is ‘n Landbouskou wat geen skoolkind moet misloop nie. Dit is veral vir die Stad- en Dorpbesoekers ‘n belewenis en ‘n geweldige opvoedkundige kuiertjie wat hulle baie lank sal bybly. Die skou is werklik die hoogtepunt van die jaar vir skoliere van Moorreesburg aangesien hulle meer en deels van plase af kom. Vir die kinders is dit ‘n uiters opvoedkundige gebeurtenis op die jaarlikse kalender. Hulle kan by elke afdeling waarin hulle belangstel gaan inloer om te hoor en sien hoe die beoordelaars verslag doen oor die betrokke diere wat beoordeel word. Die beoordelaar verduidelik ook waarom die spesifieke dier ‘n eerste of tweede plasing kry. MASJIENERIE-AFDELING – KINDERS WORD TOEGELAAT OM OP MASJIENERIE TE KLIM EN DIT VAN NADERBY TE BESKOU. Personeel is beskikbaar om enige vrae te beantwoord. JEUGSKOU: Kinders kan inskryf vir die Jeugskou wat baie populêr is. Vorms is beskikbaar op hierdie webtuiste. Indien daar te veel inskrywings is word uitdunne gehou. Diere is beskikbaar op die skougronde. Alle inligting is op die inskrywingsvorm op die webtuiste beskikbaar. SAALPERDAFDELING: Die saalperdafdeling bied verskillende kategorieë waarin junior ruiters kan deelneem. Die standaard is van die hoogste skou-gehalte. Kyk gerus na die saalperdafdeling se program, EN SKRYF IN! MINIATUURPERDJIES: Die miniatuurperdjies is vanjaar ‘n hoogtepunt en iets wat ‘n paar jaar nie op die skou te siene was nie. Dit is almal se gunsteling! Die perdjies is so naby dat die kinders hulle kan streel en aan hulle kan vat. STALLETJIES: Die stalletjies bied ‘n veskeidenheid waaruit gekies en gekeur kan word. Die kinders geniet hulle gate uit! Ander aktiwiteite vir veral die kleiner kinders sluit in: MALEMEULE, WATERBALLE RY EN ROEIBOOTJIES. Bring die kinders na vanjaar se Swartlandskou vanaf 7 – 10 September. Daar is hope vermaak om hulle elke dag besig te hou! |
SKOU HOOGTEPUNTE Vir die boere Masjienerie, skogdag, diere ... Kampioenskappe Skape, beeste, perde ... Jeugskou WP kleure ... Vir die Dames Damesdag, stalletjies ... Vermaak Kuierplekke ... Kunstenaars ... |