|
SWARTLANDSKOU MOORREESBURG 2011
|
Tuis->Kampioenskappe: SLAGLAM KOMPETISIE: Woensdag 7 September DW Gilomee - 082 774 2579 Om vir hierdie Nasionale kompetisie te kwalifiseer moet 100 lammers gewerf word. Hierdie afdeling is so gewild dat die getal eintlik verdubbel op Swartlandskou. WESKAAP S.A. VLEISMERINO KAMPIOENSKAPPE: Donderdag - 8 September WESKAAP MERINO KAMPIOENSKAPPE: Vrydag - 9 September Hierdie kampioenskappe is ‘n uitersmededingende kompetisie en trek groot belangstelling by telers uit die Karoo, Suid-Kaap en Swartland. (Vir meer inligting skakel DW GILIOMEE Sel: 082 774 2579) BEESAFDELING: Philip de Waal - 082 783 0011 1. Weskaapse Hereford Streeks Kampioenskappe: 2. Weskaapse Limousin Streeks Kampioenskappe: 3. Weskaapse Angus Streeks Kampioenskappe: (Jannie Kotze - 083 651 9266) 4. Vleisbeeste Interras Kampioenskappe: (Jannie Coetzee - 083 633 3665 of Rob Slyter - 082 777 1316) Angusbeeste. Ons is trots daarop om hierdie jaar weer die Angus Ras by die Swartland Skou aan te bied. Verlede jaar is die grootste Nasionale Angus Skou & Veiling wat nog in die geskiedenis gehou is, by die Swartland skou aangebied. Ook is die Nasionale Rekord prys vir n Rooi Angus bul daar behaal van R155 000.00. Vele mense van regoor die land het na Moorreesburg gekom om hierdie geleentheid by te woon en hul top gehalte Angusse te bring. Die angus ras is bekend vir sy veelsydigheid en die feit dat hy oor soveel besondere eienskappe beskik soos gehardheid, kalwingsgemak, mediumraam groootte, poenskop, besondere hoë gehalte vleis en ook die beesras in die wêreld is met die grootste genepoel is. Angus stoet telers van die Wes & Suid Kaap gaan weer hierdie jaar kom om hulle diere ten toon te stel en teen die bestes te laat kompeteer. Ons nooi alle belangstellendes uit om 'n suksesvolle Angus skou op Moorreesburg by te woon. BEES/LAM KARKASSE Nasionale Karkaskompetisie: H Fullard - 082 820 4958 (HIERDIE KOMPETISIE WORD NET OP SWARTLANDSKOU IN DIE WES-KAAP AANGEBIED.) LEWENDIGE KOMPETISIE: Slagos Veiling - Vrydag 9 September (Slagos en slaglam veiling om 13h00) KAMPIOENSKAPPE: JEUGSKOU: Jeugskou word aangebied vir enige kind en val in twee groepe, Junior-groep (9-13 jaar) en Senior-groep (14-18 jaar). DOEL: Die doel van die jeugskou is om die jeug meer skoubewus te maak. Dit is ‘n uiters gewilde Streekskou vir die hantering van wol, vleisskaap, boerbok en vleisbeeste wat klassifiseer onder verskillende klasse. Alleenlik die hanteerder word beoordeel. Diere word op skou verskaf. DIT IS ‘N USSASA GEAFFILLEERDE SPORTSOORT EN DIE KINDERS KAN WP KLEURE VERDIEN. Vir meer inligting skakel DW GILIOMEE. (Sel: 082 774 2579) LANDBOUSKOUE LOK PERDELIEFHEBBERS WP Saalperd Streeks Kampioenskap: Volgens Mnr. Spangenberg sameroeper van die saalperdafdeling, is hulle nie net trots op die groot aantal perde wat hulle aanbied nie, maar as ‘n streekkampioenskap vir ons saalperde is ons nog trotser op die hoë standaard van ryperde wat ons aanbied. Kom geniet hierdie kampioenskap, volgens Mnr. Spangenberg het mense vanuit die Noordelike Provinsie al op nasionale vergaderings gesê: “ As julle wil sien hoe dit gedoen moet word, gaan kyk na Moorreesburg”. Ons vertoners kan weer eens verseker wees dat ons stalle en arena volgens die beste standaarde is. Soos dit vir ons vertoners ‘n eer is om hier deel te neem, so is dit vir ons besoekers ‘n voorreg om diere van so ‘n hoë gehalte te sien. Om diere van so ‘n besondere standaard hier te akkommodeer, verg baie voorbereiding en organisering. Daarom verseker ons u van ons unieke gasvryheid en professionele optrede om dit vir almal maklik te maak. Nasionale SA Vlaamperdkampioenskap: Dit is met die grootste trots dat die Swartlandskou Moorreesburg die besdondere prestasie kan aankondig: Die Nasionale kampioenskappe van die Suid-Afrikaanse Vlaamperde word weer aangebied vanaf 7-10 September. Ons voel geëerd om die uitstekende kampioenskappe plaaslik aan te bied aangesien die SA Vlaamperd die enigste ter wêreld kultureelhistories verbind is tot Suid-Afrika. Verskeie top telers van die ras sal hul diere kom vertoon en ons verwag sowat 80 Vlame. Hierdie gitswart perderas met sy uitmuntende temperament, pragtige beweging en swierigheid, is en sal nog lank die sieraad van skoue bly. Die Swartlandskou is van die weinig plekke in Suid-Afrika waar agtspanne vertoon word. Wes-KaapHackneyperd Streeks Kampioenskap: Die Hackney is ‘n Engelse ras wat in die 1800’s na Suid-Afrika ingevoer is en reeds in 1906 in die SA stamboek opgeneem is. Die ras word as die ballerina van die skoubedryf beskou vanweë sy natuurlike hoë aksie, styl en spoed wat deur min ander perde geëwenaar kan word. Dit is ‘n suiwer ras wat ook baie bygedra het tot die teling en verbetering van ander perderasse. Miniatuur Perdjies Almal se liefling, vanjaar het ons weer die voorreg om met hulle te skou. Moenie hulle misloop nie. Pluimvee: ‘n Baie gewilde afdeling. Sierduif en hoenderrasse neem hier deel. Kom kyk na hierdie veerpote van naderby. Kontak: Albert Lingenvelder - Tel: 028 840 2328 |
SKOU HOOGTEPUNTE Vir die boere Masjienerie, skogdag, diere ... Jeug WP kleure ... Vir die Dames Damesdag, stalletjies ... Vir die Kinders Kompetisies, pret ... Vermaak Kuierplekke ... Kunstenaars ...
|